Dok André / Doc André

andre 2Dok André het meer as 1000 dienste agter die rug, ongeveer 500 huweliksbevestigings en bykans 400 begrafnisse regoor Suid-Afrika, asook  verskeie uitreike na die Weskus en Afrikalande.

Doktor André du Preez  se passie lê by die mense daar buite wat dalk nooit eens in die kerk kom nie. Daar is ongelooflik baie mense wat nooit kerk toe gaan nie. Elkeen om sy eie redes, maar hy (Andre) weet God het almal lief. Vir hom is dit dus lekker om met daardie mense om die kampvuurtjie te gesels en hulle te bedien en hulle te vertel dat God hulle liefhet.

 

“As my besoekers daarna by ‘n kerk aansluit, is dit wonderlik. Andersins was daar darem ‘n geleentheid om met hulle te deel wat God my op die hart lê”

Om_Die_Kampvuur_ Doc_Andre5‘n Kampvuurganger vertel: “Na so ‘n tydjie saam met Dok, gaan jy met ‘n baie lekker hart huis toe. Dit voel asof jy saam met ‘n hele klomp baie goeie vriende die positiewe in die lewe bekyk het en weer blinkgepoets het. Verrigtinge verloop baie informeel en elkeen teenwoordig neem altyd ‘n  geestelike geskenkie saam huis toe.” “Niks dramaties gebeur nie. Jy kuier werklik om die kampvuur soos wat jy saam met jou beste vriende en familielede sou kuier in ‘n heerlike gesellige bui.

Dok Andre kry dit absoluut reg om deel van geselsgroepie te word. Daarna voel enigiemand welkom om eenkant met hom te gesels as daar iets is wat erg knaag.” Die kampvuur kuiers het spontaan in Witbank ontstaan nadat hierdie kuiergroepie reeds ‘n paar jaar lank vir Dok Andre “ingevoer” het vanaf Nelspruit, eers oor naweke en toe later weeksaande vir die geestesverryking wat daaruit voortspruit.

Volgens Dok André is daar soveel hartseer, gebrokenheid en eensaamheid. Hy wil uitreik na diegene wat ‘n behoefte het aan geestelike leiding en hulp. Reeds 20 jaar in die bediening, vier grade later, met Sielkunde en Teologie as vakgebied, verwerf aan die Universiteite van Pretoria en Noordwes, het hy ook onlangs sy Doktorsgraad in Liturgiek verwerf en word hy gereken as een van ‘n handvol Pinkster Liturgiek teoloë in Afrika. Hy is ook reeds ses jaar lank geakkrediteer as Pastorale Berader en stigter van ICLC, ‘n Instituut vir Christelike Lewensvaardigheid Afrigters.

Dok André is baie gewild as motiveringspreker Verkorte CV Andre du Preez